Archangelsk-oblast

Archangelsk-oblast
Архангельская область
Die ligging van Arkhangelsk-oblast in Rusland.
Die ligging van Arkhangelsk-oblast in Rusland.
Politieke status
Land Russiese Federasie
Federale distrik Noordwestelike
Ekonomiese streek Noordelike
Stigting 23 September 1937
Regering
Hoofstad Archangelsk
Leier Igor Anatoljewitsj Orlof[1]
Amp Goewerneur
Wetgewer Vergadering van Afgevaardigdes
Bevolking
Sensus 2010
Totaal 1 185 536
Volgorde 43ste
Digtheid 2,02/km2
Stedelik 76%
Plattelands 42%
Statistiek
Oppervlakte 587 400 km2
Volgorde 8ste
Tydsone UTC+04:00
Registrasienommer 29
Amptelike tale Russies
Webtuiste http://www.dvinaland.ru/
Wapen en vlag

Portaal  Portaalicoon   Rusland

Archangelsk-oblast (Russies: Арха́нгельская о́бласть, Archangelskaja oblast) is ’n deelgebied van Rusland. Dit lê in die Noordwestelike Federale Distrik en die hoofstad is Archangelsk.

Die oblast sluit die argipels Franz Josef-land en Nowaja Zemlja in die Noordelike Yssee in, sowel as die Solowjetski-eilande in die Witsee. Dit het ook regsmag oor die Outonome Okroeg Nenets (Nenetsië). Met Nenetsië ingesluit, het die oblast ’n oppervlakte van 587 400 km². Die bevolking (insluitende Nenetsië) is 1 227 626 volgens die sensus van 2010.[2]

Die grootste stad naas Archangelsk is die nabygeleë Sewerodwinsk, die tuiste van die hoofskeepswerf van die Russiese vloot. Van die oudste stede sluit in Cholmogori, Kargopol en Solwitsjegodsk; daar is verskeie Russies-Ortodokse kloosters, insluitende die een in die wêrelderfenisgebied van die Solowetski-eilande.

  1. "Президент России" (in Russies). Administrasie van die President van die Russiese Federasie. 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Augustus 2014. Besoek op 13 Januarie 2012.
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named 2010Census

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search